
Hier leer ons musiek op 'n organiese en natuurlike manier,
waar musiekmaak sentraal staan in elke aktiwiteit!



Baie welkom!
Oor ons


Moedertaal-
onderrig

Leerder-
gesentreerd


Natuurlike
leerproses
Groepsmusiek- en klavierlesse vir beginners van alle ouderdomme word deur Eljé Oosthuizen aangebied by ons Monumentpark musiekateljee. Deur hierdie lesse word verskeie vaardighede ontwikkel naamlik:
​
-
musiekgeletterdheid en musikaliteit;
-
spesifieke klavierspeelvaardighede;
-
vaardighede in die speel en verstaan van ander perkussiewe instrumente;
-
fyn- en grootmotoriese vaardighede deur beweging en instrumentale spel;
-
sangvaardighede deur liedere te sing en note te herhaal wat voorgesing word;
-
kommunikasievaardighede deur te verwoord wat hulle waarneem en hulle emosies te deel met ander.
​
Daar word drie tipe musieklesse aangebied:
Op 8-jarige ouderdom het ek die vreugde van klavierspel die eerste keer ervaar, en 10 jaar later het ek die roeping om die vreugde te deel, aangegryp. In 2017 het ek my BMus aan die NWU verwerf, en intussen verskeie Kodály en Colourstrings kursusse geloop.
​
Vanaf 2016 bied ek privaat klavierlesse aan, en vanaf 2019 groepslesse vir kleuters. Dit is my missie om deur groepmusiek, klavierlesse en teorielesse studente voor te berei om as selfstandige musikante te funksioneer.
Die onderwyseres: Eljé Oosthuizen

Mag hierdie die begin wees van 'n lewenslange musiekreis!
GRATIS
1ste les

Klavier
lesse


Leerling-gesentreerde klavierlesse vir beginners van enige ouderdom vanaf Graad 1 (7 jaar), tesame met weeklikse teorielesse in groepsverband.
Lesfooie​
​
weekliks: R125 p/les
2-weekliks: R95 p/les
30 minuut lesse


In hierdie klavierlesse word die Kodály benadering gevolg om te verseker dat die leerling tot 'n selfstandige musikant ontwikkel. Na aanleiding van die leerling se belangstelling en aanleg word daar gebruik gemaak van ColourKeys-, Bastien-, Trinity- en UNISA sillabusse.
Volwasse beginners word verwelkom!
Weeklikse teorielesse is verpligtend vir alle klavierleerlinge (R90 per les, eenmaal per week). Sien die volgende afdeling vir meer inligting.
Jong klavierleerlinge word aanbeveel om eers groepslesse (teorielesse) as voorbereiding vir 'n jaar te neem, alvorens klavier geneem word.







Lesfooie​
​
weekliks: R45 p/les
2-weekliks: R35 p/les
30 minuut lesse
Babalesse

Prettige en stimulerende babalessies vanaf 6 maande, vergesel deur Mamma of Pappa, in klein groepe van 3 kinders.
Baba-&
Kleuter
lesse

Leersame en kreatiewe groepslessies vir kleuters vanaf 4 jaar in groepe van 4 kinders.

In hierdie baba- en kleuterlesse fokus ons daarop om die klein lyfies se emosionele-, sosiale-, liggaamlike-, kognitiewe- en musikale ontwikkeling te bevorder deur rympies, liedjies, danse, beweging en lekker speletjies gebaseer op die "Colourstrings" en Kodály benaderinge.














lesse

Lesfooie​
​
weekliks: R90 p/les
​
30 minuut lesse

Teorielesse wat sentreer rondom musiekmaak en musiek verstaan op 'n praktiese en prettige wyse - nie net "pen en papier" nie.
Leerlinge van ongeveer dieselfde ouderdom en musikale vlak, neem in groepe van 3 of 4 saam groepsmusiek (teorie).
Ons ontwikkel ons bladsang; binne-oor; intervalle sing en hoor; toonsoorte prakties verstaan; harmonisering sing én verstaan; tydmate voel; ritmiese en melodiese diktee; improvisasie en komposisie.
In hierdie teorielesse word die Kodály benadering gevolg wat sentreer rondom ouderdoms- en ontwikkelingsgepaste aktiwiteite. Deur verskeie speletjies en aktiwiteite wat op mekaar bou, ontwikkel die leerlinge in selfstandige musikante.
Met 'n sterk musikale fondasie word ander sillabusse soos Credo aangepak.



Teorie
